Tuisblad
Blog
Kiekies
My Boeke
Events
Optredes
Kontak ons

Welkom op my webwerf.

Ek het lank gewik en geweeg of ek ook die kberwreld moet betre, en, wel, hier is ek nou. Ek dink dikwels in prentjies, en in my kop het ek hierdie prentjie van n kombuis n eenvoudige boerekombuis, met n koolstoof, n yskas, en tafel met n rooibont formicablad. Teen die muur hang vyf jaar gelede se kerkalmanak en in die vensterbank is n advokadopeerpit besig om in n botteltjie water te ontkiem.

S wil ek graag h hierdie webwerf moet wees: n eenvoudige kuierplek, sonder tierlantyntjies en fnsie leestekens. Blog Oor die hele blog-ding is ek effe skepties. Ek stel meer belang in mense se stories as in hul menings oor allerhande onderwerpe. Daarom gaan ek probeer om te vertel, eerder as om te ontleed en te analiseer, te veroordeel en te verdoem.